Marie-Alice is ‘n Beeldende kunstenaar wat woon en werk in België. Sy het groot geword in Suid-Afrika in die Klein Karoo.

Sy hou van helder kleure en oop vlaktes maar kan deesdae ook die grys winters en renerige landskappe van Vlaanderen waardeer.

Marie-Alice besoek graag museums, wandel in tuine en dagdroom in boekwinkels. Sy gee les in Drukkuns waar sy haar liefde vir kuns en kreatiwiteit deel.

In haar blog deel sy foto’s van haar inspirasie bronne en museum besoeke.